Vabond's Blog

Bang (weer?)

March 9, 2011
Leave a Comment

Party aande pak die vrees my. Party dae ook.

Dis asof die gedagtes begin en nie kan stop nie. Of die dood en die hiernamaals en die verlore siele en die absolute verganklikheid van alles op een slag by my spook.

Ek weet jy verstaan nie. Ander sou jy grappies gemaak het nie.

Maar die lewe is te kort. Nie in die cliched, leef elke dag asof dit jou laaste is nie. In die – besef jy dat ons more kan doodgaan? Dat ons dan steeds nie kan sekerheid hê nie? Besef jy dat ons dinge uitstel wat vandag gebeur?

Ek weet nie of daar mense naby is wat daardie paniek verstaan nie.


Posted in Uncategorized

More is als fine

November 14, 2010
1 Comment

Dis maklik om in te gee vir al die gevoelens. Hulle kom in die aande en sweep my op in ‘n dwaas van onvergoegdheid. Van verkeerd wees. Van nie reg wees nie. Van nie genoeg wees nie.
En al sê jy wat, kruip hul weg agter die deur en wag tot jy weg is om dan vir my te lag terwyl ek hunkerend wag vir slaap.
Slaap word my manier van cope.
More is als fine.


Posted in Uncategorized

Lirieke

October 17, 2010
Leave a Comment

Vreemd hoe die woorde van ‘n liedjie so waar kan wees.

“Drinking wine and thinking bliss, is on the other side of this
I just need a compass and a willing accomplice
All my doubts that fill my head cascading up and down again
Up and down and round again, down and up and down again.

Sometimes you think everything is wrapped inside a diamond ring
Love just needs a witness and a little forgiveness
And a halo of patience and a less sporadic pace and
I’m learning to be brave in my beautiful mistakes.”

-Pink

Ek het gehou van die liedjie voor…als. Dis nou scarily akkuraat. en scarily seer.


Posted in Uncategorized

It needs to be said

October 17, 2010
Leave a Comment

Ek weet nie of ek jou weer sal kan vertrou nie.

Dit maak my bang.


Posted in Uncategorized

Clarity

October 15, 2010
Leave a Comment

Glo ek in God? Jy vra dit met die desperaatheid wat ek vir so lank gevoel het.

Die antwoord spoel uit my uit – asof ek nog altyd clarity gehad het. Tog antwoord ek myself ook.

Ja.

Ek dink ons het te gewoond geraak aan die wêreld se wonderwerke. Ons het gedink ons oë gaan oop vir wat ‘n god is. Eintlik het ons oë toegegaan vir die natuur, liefde, blydskap en wat ‘n God is.

Dis nie als OK nie, maar ek kan voel dit gaan wees. Dit voel vir my of God smile.

It’s been a long time.


Posted in Uncategorized

Die Kuns

August 21, 2010
2 Comments

Die kuns le daarin om te voorspel wanneer jou bui gaan val. Jy word jou eie sielkundige, jou eie fortuinverteller, jou eie beste vriend, want, let’s face it, ander mense kan nie help nie. Die wat verstaan is die mense wat self sukkel en die wat nie verstaan nie maak dit moeiliker met hul vrae, met hul beskuldigende ‘hoekom ruk jy nie jouself reg’ kyke en hul eie maniere van prober cope met jou.

Cope.

Die politieke party het die gevoel daarvan weggevat. Die oorwinning en smart en pyn wat ek ervaar is opgesluit in daardie woord. Ek cope. Ek is OK. Cope. Keep on swimming. Nooit meer die woorde: “ek kom reg nie”, want sulke hoop is ‘n jezebel en mens het nie jezebel-vorms van hoop nodig nie. Hoop is ‘n klein vuurtjie wat binne jou brand as jy nie kan ophou huil nie. Hoop is die “more lyk alles beter”. Hoop is nie die “oor ‘n jaar lyk alles anders nie”, want daardie hoop verwag te veel. Daardie Jezebel eis wat nie ge-eis kan word nie.

Mense vra wat van my positiwiteit geword het. Hul verstaan nie dat “more lyk alles beter” ‘n ontsaglike oorwinning is nie. Hul verstaan nie hoe positief dit eintlik is nie.

Klein tree.


Posted in Uncategorized

Aanraking

August 21, 2010
Leave a Comment

Soms is daar mense wat jou lewe aanraak met hul goeie dade maar nie besef hoeveel hul eintlik vir jou doen nie. Daar is die mense wat dit doen sonder om twee keer te dink – mense wat hul lewens vir jou oopmaak, hul laaste geld vir jou gee.

Toe ek jonger was en ons nog moes blikskud vir ‘die huis’ was daar ‘n vreemde verskynsel wat ek opgemerk het. Die mense met die armste karre sou dikwels meer geld gee as die mense met die rykste karre. Wie weet – dalk was die mense in die stukkende karre wel die mense met die meeste geld. Effens suinige oujongkerels wat nie glo in duur motors nie. Tog kies ek om te glo dat die oorvol, gelapte karre wat hande vol sente vir my gegee het die armes was. Dit teenoor die rykes – die mense met die sonbril en BMW wat maak of hul jou nie sien nie of nou en dan ‘n heftige ‘nee’ knopknik gee.

Eintlik post ek hierdie maar net om ‘n mate van dankie te se vir die mense wat so baie vir my gedoen het. Hulle gaan hierdie nooit lees nie – dit weet ek, maar tog soek ek ‘n mate van…absolution? So hierdie is vir die atletiek-afrigter wat omtrent helfte soveel geld gevra het vir sy dienste in tye toe die moeilik gegaan het by my huis. Die mense wat my laat bly het by hul huis toe ek ‘n her gekry het. Die vrou wat my altyd spesiaal by die huis gaan aflaai het na landloop-oefeninge al was die hoe ver uit haar pad uit. Die skoolhoof wat spesiaal na my ouma se begrafnis toe gekom het en getroos het toe ek nie kon ophou huil nie. Die gesin wat my ingevat het toe ek nerens anders kon gaan nie – wat vir my gevoer het, aangery het en ondersteun het toe als donker gelyk het. Al hierdie mense het in hul eie manier self gesukkel met geld, met molestering-aanklagte en met mans wat groener weivelde ondersoek het. Daar is nie eintlik genoeg paragrawe in die wereld om te beskryf hoe baie dit als vir my beteken nie.

“As ek eendag rich and famous is sal ek hul bedank in een of ander speech wat ek sal moet gee by een of ander funksie” het ek altyd geredeneer. Dit of ek gaan eendag massas geld vir hul skenk. Logiese denke het al oorgeneem en ek weet nou dat dit seker nie nou binnekort gebeur nie en dat ek aan ander maniere moet dink om daardie dankbaarheid te hou en te onthou. Dus gee ek terug – as jy my vra sal ek help. Nie oor my tipe persoonlikheid of sulke junk nie, maar omdat soveel ander al vir my gehelp het. Is dit dan nie tog hoekom die armes meer geld gegee het tydens blikskud nie? Omdat hulle weet hoe dit voel as jy moet vra, as jy jou trots moet afsluk en moet aanvaar wat ander vir jou gee.

Dit laat my wonder of dit dan nie ‘n beter wereld sou wees as ons almal dan arm bly nie?


Posted in Uncategorized

Daar is tye

August 18, 2010
Leave a Comment

Daar is tye dat ek bang is dat ekmyself heeltemal in jou gaan verloor. Dat jou asem my asem gaan word. Dat jou einde my einde gaan wees.

Is dit wat hul bedoel met een word?


Posted in Uncategorized

Lughawe oppad huistoe

July 2, 2010
Leave a Comment

So sit ek op een van die grootste lughawens in die wereld. Ek’s oppad terug na my land toe. Ek gee nie om oor voorvaders en hoeveel mense die afgelope ruk met my gestry het nie. Ek is ‘n Suid-Afrikaner.

Dis amper middernag hier, maar lughawens ken geen tyd nie. Daar word gese dat ek uit die lughawe uit kan gaan, maar ek weet niks van die wereld buite my nie en is te uitgeput om uit te vind. Dit voel asof die amptelike mense hier rond dit verwag het en nou opmaak met ‘n baie fancy lughawe.

Die kultuur is heeltemal anders en ek wil heeltyd my kamera uitpluk om die vrouens met hul burqas en Louis Vuitton handsakke af te neem.

Dit daal erens op my neer dat ek ‘n christelike hemp aanhet. Gemaklik om mee te vlieg. Ek wonder hoe die plaaslike mense voel oor buitelanders en die tipe hemde wat hul dra.

Die mans is ongeskik en dis nog net op die lughawe.  Efficient, maar ongeskik.

Daar was ‘n Suid-Afrikaanse lugwaardin op die vliegtuig.  Sy was fantasties – sy’t vir my ekstra vliegtuig goodies gegee en my gekalmeer met my vrese.  Baie mense moet my gewoonlik kalmeer op vliegtuie, maar sy’t my taal gepraat.  Daar was iets sussends daaraan.

Ek wil huistoe.


Posted in Uncategorized

Aangename Kennis

July 2, 2010
Leave a Comment

Deesdae, vir verskeie redes, vra mense vir my hoofsaaklik twee vrae: 1. “So, Vabond, jy is ridiculously cool, wat doen jy met jou lewe?” en 2. “Vabond, so ‘n awesome mens moet van iewers afkom, waar is dit?” Ok, granted, dalk nie met daardie presiese woorde nie, but it’s my party and I’ll cry if I want to.

Hierdie twee vrae is seker maar normaal. Die tipe vrae wat meeste mense vrae wanneer hulle ‘n nuwe persoon ontmoet. Die ultimate small talk. Die probleem is net dat ek op hierdie oomblik nie ‘n antwoord het vir enige een van hierdie twee vrae nie. Dis seker hoekom ek nie my ‘about me’ sal opdateer nie. Ek weet nie wat om vir jou te sê nie, want more is nog ‘n dag en dalk lyk alles anders. Die mense wat my die afgelope ruk ontmoet het weet dan eintlik seker niks van my nie. Wat ek doen, weet selfs ek nie – ek weet wat ek gedoen het en wat ek nie wil doen nie, maar wat ek nou doen is ‘n waas. Waar ek vandaan kom is ook ‘n puzzle. Na hoeveel jare van swot en leef moet mens nog jou tuisdorp noem as die plek jy vandaan kom?

Iemand het onlangs vir my gesê dat sy dit haat dat mense gelabel word deur wat hul doen. Dat iemand dalk ‘n verskriklike passie het vir arm mense in Afrika, maar ‘n heeltemal onverwante beroep het soos waitressing. As iemand vir hierdie persoon sou vra, “wat doen jy?”, sou hul nie noodwendig verder kon kom as haar waitressing nie en kon uitvind oor haar passie vir mense in Afrika nie. Dis ‘n goeie punt, maar ek sal dit ook nie eintlik geniet as iemand ons vriendskap begin met “aangename kennis, wat is jou passie?” nie. Klink maar vir my baie hippy-agtig. Baie Bohemia op ‘n Vrydagaand. Maar hoe hoor mens van die Afrika-mense?

Dalk is dit nie nou ‘n goeie tyd vir my om nuwe mense te ontmoet nie.


Posted in Uncategorized
Next Page »

About author

The author does not say much about himself

Search

Navigation

Categories:

Links:

Archives:

Feeds